Wie Is Ons

VOLLEDIGE INLIGTING OOR DIE TEATER BYSTAND FONDS (THEATRE BENEVOLENT FUND - TBF ) PBO NR : 930 000 322.

Inligting en Agtergrond oor die TBF - Die kuns van omgee.

Gestig in 1962

KONTAK DIE TBF: (Kliek Hier)

DIE TEATER BYSTAND FONDS IS DIE GANSE UITVOERENDE KUNSTE EN VERMAAKLIKHEIDSBEDRYF IN SUID-AFRIKA SE ENIGSTE HULPFONDS.

DIE BYSTAND WAT DIE FONDS BIED, VERVAT BYKANS DIE GANSE SPEKTRUM VAN LIEFDADIGHEID BEHOEFTES.

FINANSIELE BYSTAND VIR:

  • Bejaardesorg
  • Mediese hulp-gesinsorg
  • Begrafenishulp
  • Opvoedkundige / Enterpreneurskap Bystand.
  • Gratis lesings en werkswinkels vir alle potensiële en huidige kunstebedrywers aangebied deur kenners op hul onderskeidelike gebied.

TBF SMS LYN

  • SMS TBF NA 49701
  • SKENK R30

Daar is ook ‘n TBF Snapscan kode.

TBF BANKREKENING DETAILS: 

FNB:
LOPENDE REKENING NR : 6202 439 8671
REKENINGHOUER : THEATRE BENEVOLENT FUND
(PBO NO : 930 000 322)
FNB TAKNR : 250 117 

WEBWERF: www.tbfza.co.za

TWITTER : @TBFofSA
INSTAGRAM: Theatre Benevolent Fund
FACE BOOK: Theatre Benevolent Fund of South Africa
EPOS : TBF@live.co.za / hendrik7@live.co.za

FLITSFEITE OOR DIE TEATER BYSTAND FONDS ( TBF ) oftewel THEATRE BENEVOLENT FUND:

  • Die TBF bestaan sedert 1962 en is ons ganse kunstebedryf se enigste en ten volle gratis hulpfonds.
  • TBF is ‘n geregistreerde PBO ( PUBLIEKE WELWILLENDHEID ORGANISASIE ) met 18 A BELASTINGAFTREKKING -PBO nr 9300 000 322
  • Die TBF dien ALLE BEROEPE , PLUS hul wettiglike afhanklikes; in elke genre en beroepsgebied binne die Uitvoerende kunste en vermaaklikheidsbedryf in Suid Afrika.
  • Die TBF bedien alle beroepe en hul wettiglike afhanklikes, binne alle genres van teater, film, tv, radio -alle kunste media binne die uitvoerende kunste.
  • Die fonds sorg permanent vir ‘n groot aantal behoeftige bejaarde Kunstemense wat totaal van ons afhanklik is en niks en niemand anders het om hul te onderhou nie.
  • Die bejaardes na wie ons omsien , het tydens hul beroepslewe bloot te min verdien om geld te kon wegsit en het geen familie of gemeenskap steun nie.
  • Die TBF bied ook finansiële bystand aan werkende kunstemense en hul wettiglike familie in nood -soos groot mediese onkostes wat nie deur hul mediene fondse gedek word nie - bv kankerbehandeling, beenmurg & orgaan oorplantings ens.
  • Die TBF help ook betaal vir begrafenisse van behoeftige Kunstemense
  • Alle begunstigdes se identiteit word konfidensieël gehou om hul waardigheid en privaatheid te beskerm.
  • Die TBF vra geen ledegeld of aansluitingfooi nie - as jy professioneel in die Kunste en Vermaakbedryf werk of gewerk het , is jou outomaties deel van die fonds.
  • Alle bestuurslede van die TBF is vrywilligers vanuit die Kunste en ontvang geen salarisse of fooie nie. Die enigste fooi wat wel betaal word is vir die TBF sekretaresse, Nicola Snow teen ‘n bedrag van R4000.00 per maand.
  • Die TBF word vanuit bestuurslede se huise bedryf - daar is geen kantore, maatskappy rekenaars, motors of maatskappy tegnologie, maatskappy fone ens nie.
  • Fondse ge-in gaan sover moontlik direk aan begunstigdes - ons registrasie ,administrasie en bedryfkostes beloop 9% per jaar.
  • Die TBF ontvang geen fondse vanaf die regering of ander instansies nie - ons is totaal afhanklik van fondse afkomstig uit die Kunste gemeenskap en die publiek en testamente wat fondse aan die TBF bemaak.
  • Elke versoek om hulp word deeglik ondersoek en konstant gemonitor.
  • Die TBF se tessourier is ‘n professionele finansiële adviseur en die TBF se boeke is oop vir publieke ondersoek.
  • TBF Finansi”hele state word jaarliks deur die geregistreerde ouditeursfirma :PJ BOTES en Vennote geoudit .Die firma hanteer al meer as 10 jaar die TBF se rekening.
  • Die TBF is nie in assosiasie met enige ander organisasie , politieke party, unie of beheerliggaam nie - ons is bloot daar om in tye van nood te help.
  • Die TBF se groot doel is om tehuise vir bejaarde kunstemense te kan skep waar hul in ‘n welkome omgewing sal tuis voel en versorg kan word.
  • Alle TBF bestuurslede is nog steeds voltydse Kunste beroepsmense en doen die TBF werk vrywilliglik, onbetaald.

DIE TBF WERK OOK PROAKTIEF EN PREVENTATIEF.

  • Ons hou dikwels GRATIS werkwinkels vir skoolkinders, studente ,dramaskole , privaat drama ateljees, huidige professionele kunstebedrywers wat in alle vorme van die kunste belangstel.
  • Die werkswinkels met die hulp van ekperts op hul gebied - leer voornemende en huidige kunstebedrywers hoe om finansiële voorsorg te tref ,die belangrikheid van mediese fondse , aftree polisse , hoe belasting in ons bedryf werk, hoe om prakties eie werk te skep ,kontrakte, publisiteit, bemarking , vervaardiging - in die groter prentjie - hoe om die bedryf van die bedryf in alle vorme effektief te bedryf.

MITES OOR DIE TBF.

  1. DIE TBF BEDIEN NET UITVOERENDE KUNSTENAARS:
    WANKONSEP - DIE TBF BEDIEN ALLE BEROEPE BINNE DIE UITVOERENDE KUNSTE EN VERMAAKBEDRYF
  2. DIE TBF BEDIEN NET TEATERLUI:
    WANKONSEP - DIE TBF HELP PROFESSIONELE MENSE BINNE ELKE MEDUIM : FILM, TV, TEATER, RADIO, KUNSTE MEDIA.
  3. DIE TBF IS SLEGS VIR BLANKES:
    WANKONSEP - DIE TBF BEDIEN ALLE SUID AFRIKANERS BINNE DIE UITVOERENDE KUNSTE EN VERMAAKBEDRYF
  4. DIE TBF BESTUUR WORD BETAAL VIR HUL DIENSTE:
    WANKONSEP - ALLE BESTUURSLEDE EN MEDEWERKERS LEWER ALLE DIENSTE GRATIS, VANUIT HUL EIE HUISE, MET HUL PERSOONLIKE TEGNOLOGIE, MOTORS ENS.
  5. DIE TBF IS SLEGS VIR BEJAARDE BEROEPSMENSE:
    WANKONSEP - DIE TBF HELP OOK MET MEDIESE ONKOSTES VIR DIE HUIDIGE BEROEPSMENSE EN HUL WETTIGLIKE AFHANKLIKES VAN ALLE BEROEPE EN DISSIPLINES BINNE DIE UITVOERENDE KUNSTE EN VERMAAKBEDRYF -TV, FILM, RADIO, TEATER, KUNSTEMEDIA
  6. DIE TBF IS ’N PENSIONFONDS:
    WANKONSEP -DIE TBF VRA GEEN LEDEGELD , AANSLUITINGSFOOI OF ENIGE ANDER KOSTE VAN BEGUNSTIGDES OF ENIGE PERSOON BINNE DIE UITVOERENDE KUNSTE EN VERMAAKLIKHEIDSBEDRYF NIE.

VRAE:

HOE WERK DIE TBF?

Sodra die TBF uitvind of in kennis gestel word van ’n potensi”ele begunstigde word ’n informasie vorm aan die persoon gestuur of aan ’n persoon na aan die behoeftige persoon wat hul kan help om die vorm in te vul.

Die vorm, volgens die bepalings van SARS en die wet op ’n PBO- vra gedetailleerde informasie oor die finansi”ele en sosiomaatskaplike omstandighede sowel as die mediese welstand en onkostes.

Alle informasie word konfidensie”el gehou.

Die TBF UITVOERENDE KOMITTEE besluit dan of hulp verleen kan word. Dikwels word verdere diskrete navorsing gedoen om die TBF van die ware feite en omstandighede te vergewis indien die persoon wel volgens die bepalings van die TBF voldoen, word die logistieke en finasi”ele hulp onmiddelik in plek gesit.

Daar word gereeld navraag gedoen en opgevolg oor die welstand van die begunstigdes.

WIE IS DIE TBF BESTUUR EN HOE WORD HULLE GEKIES?

Die TBF bestuur bestaan uit lede vanuit verskeie beroepe binne die Uitvoerende Kunste en Vermaaklikheidsbedryf.

Die TBF bestuur word elke jaar , tydens ’n wyd gepubliseerde openbare ALGEMENE VERGADERING verkies.

VOLGENDE VERKIESING - OKTOBER 2021

TBF Bestuurslede woon en werk landswyd.

Die huidige Topbestuur bestaan uit:

Uitvoerende Kommitee:

  • Mnr Barry Snow - Voorsitter.
  • Mnr Peter Terry - Ondervoorsitter.
  • Mnr Hendrik van der Hoven – Tessourier.
  • Me Nicola Snow - Sekretaresse.

Uitvoerende Kommiteelid: Mr Anthony Fridjon.

Ander komittee lede:

  • Mnr Anton Dekker
  • Mnr Richard Loring
  • Mnr Ivor Jones
  • Me Lizz Meiring
  • Me Delia Sainsbury

TBF Verteenwoordigers:

  • Mnr Marius Meyer
  • Mnr Hugo Theart
  • Mnr Kosie Smit
  • Me Jane Cross
  • Me Gillian Lidner
  • Prof Nico Luwes

Sekretaresse: Nicola Snow: (Kontak Gerus) 

HOEKOM DOEN DIE TBF NOU SKIELIK VELDTOGTE VIR FONDSINSAMELINGS EN BEWUSMAKING?

Die TBF was nog altyd besig met die veldtogte . Maar die hooffokus is op hulpverlening . In ’n vorige era, in ’n vorige bestel het vryskut kunstenaars en ook werknemers by die Kunsterade en TV en Radiokanale soos die destydse SAUK , ’n dokument onderteken waarin hul 5% van elke salaristjek of fooi outomaties geskenk het aan die TBF.

Daardie sisteem het in ’n veranderde Suid Afrika, in die vroeë negentigerjare verval.

Nou is die TBF totaal afhanklik van donasies en hulp vanuit die Kunste en afkomstig van die Publiek. Geen Staatshulp of Standhoudende Korporatiewe hulp word aan die TBF verleen nie.

HOEKOM KAN DIE MENSE IN DIE KUNSTE NIE VIR HULSELF SORG NIE?

Die Kunste en Vermaakbedryf in Suid Afrika was nog nooit ’n bedryf waaruit beroepsmense kon ryk word nie.

Die bejaardes wat nou te oud en te siek is om te werk, en niemand het om vir hulle te sorg nie, het bloot te min verdien . Diegene het hul lewens opgeoffer om ons voor en agter die skerms te vermaak, maar het van die hand tot die mond geleef. Die Staatspensioen is hul dikwels weens verskeie redes - nie beskore nie, of gans te min om op te leef.

Diegene wat wel by Kunsterade en Uitsaai Korporasies gewerk het , en tot ’n pensioenfonds bygedra het , se aftree geld is minimaal.

Die huidige beroepslui wat aansoek doen om mediese hulp vir hulself en hul afhanklikes het meestal ’n bekostigbare mediese fonds of hospitaalplan - maar dit is nie naastenby genoeg om vir skielike, ernstige siektes soos kanker, beenmurg of orgaanoorplantings, kogli^ere oorplattings en dies meer te betaal nie.

HOE KAN JY DIE TBF HELP?

  • Dra by - skenk kontant daar is by tye donasie kassies by sekere venues by feeste, teaters, fondsinsamelings, gala aande ens. 
  • Skenkings in ons bankrekening ( sien details hierbo) dis 18A, dus belasting aftrekbaar.
  • Skenk ‘n presentasie van jou loketinkomste aan die TBF.
  • Skenk die opbrengs van ‘n kunswerk, dvd , cd , boek verkope aan die TBF.
  • Reël ‘n funksie ten bate van die TBF.
  • Praat oor die TBF by funksie / optrede en stuur ‘n houer om vir onmiddelike kontant donasies en betaal die fondse oor aan die TBF. ( Sien bankrekening details op die dokument).
  • Reël bemarking, bewusmaking fondsinsameling veldtog in samewerking met TBF by Kunstefees, Premiere, Openingsaand, Loodsing van nuwe tv reeks, cd , produksie.
  • Plaas die TBF se logo en details op jou plakkate, programme, publisiteitsmateriaal.
  • Speel die generiese TBF info afkondiging voor jou produksie se aanvang. (By TBF tans beskikbaar in elke SA offisiële landstaal op MP3 formaat.
  • Die TBF het ’n groot behoefte aan professionele stemkunstenaars en vertalers in ander landstale om die TBF info kopie te vertaal en op te neem, as ’n diens aan die TBF.
  • Die TBF het ’n groot behoefte aan veral stemopname ateljees om hul fasiliteite gratis beskikbaar te stel vir TBF info opnames.
  • Neem deel aan TBF fondsinsameling projekte deur net daar teenwoordig te wees. Die TBF benodig dikwels kunstemense as gaste by fondsinsameling funksies
  • WOOLWORTHS : MYSCHOOL/MYVILLAGE/MY PLANET KAART - maak of verander jou begunstigde die TBF. Jy kan selfs jou begunstigdes opdeel - bv helfte aan TBF . Die kaart en die verandering of opdeel van begunstigdes is gratis- aanlyn.
  • Bemaak ‘n bedrag aan die TBF in jou testament.
  • Help om die TBF te bemark - volg ons op FACEBOOK, TWITTER (details hierbo) en versprei die bewusmaking.
  • DIE TBF het dikwels die hulp van bekendes in die bedryf nodig om bloot ’n TBF funksie by te woon.
  • Reël en maak skenkings vir ’n veiling ten bate van die TBF. Ons het ’n opgeleide geregistreerde professionele afslaer se gratis dienste beskikbaar.

HULPVERLENING AAN BEHOEFTIGES:

  • As jy hoor van behoeftige kunstemense, laat weet ons.
  • Help ‘n bejaarde of behoeftige, ernstige siek kunstemens in jou omgewing met ‘n huisbesoek, ‘n bord kos, vervoer iewers heen, praktiese hulp.

JOU HULP IS DIE APPLOUS WAT ’N LEWE KAN RED.